Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: MHLOBOWENENE

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 9 September 2017 Aantal woorde: 247 19 Kere gelees 1

MHLOBOWENENE

Umfazi Omhle het van ver gekom
van my en Ibhokhwe haar eie dogters gemaak
en toe haar pad terugdraai na haar kraal
kon ek nie afskeid neem nie
waar sy gaan, sal ek gaan

in trane het Ibhokhwe Encici omgedraai,
gaan witvoetjie soek by haar eie mense
maar ek wou nie omdraai nie
ek het Umfazi Othambileyeo lief gekry
waar sy vertoef, sal ek vertoef

kan ek dan haar sagte hande vergeet
toe sy my swart doek kunstig swaai
en die liefde in haar mooi blink oë
toe sy my Mhlobowenene noem
haar volk, is my volk

haar sagte stem maak my ‘n waardige Makoti
selfs al kon ek geen kleinseuns vir haar gee nie
het sy dag vir dag haar oggendgebed
soos ‘n serp om my heupe bly bind,
haar God, is my God

maar ukufa het die blink uit haar oë gehaal
en waar ek oorskiet are optel in die lande
bid ek sag, soos sy vir my geleer het
dat UThixo ons genadig sal wees
want waar Umfazi sterf, sal ek ook sterf…

UYesu onamandla het my raakgesien
gesê die snyers moet ekstra koring laat val vir my
Hy het self met die abada onderhandel
en met Sy bloed lobola betaal vir my
my laaste Liefde – my eerste Liefde!

© Barbara Smit – 8/9/2017

Rut 1:16 – 17: “…waar u gaan, sal ek gaan; waar u vertoef sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God. Waar u sterwe sal ek sterwe…”




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 84 gaste aanlyn