Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Mamma

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 17 Maart 2017 Aantal woorde: 83 86 Kere gelees 2

die man wat jou liefhet
is ‘n beeld van ‘n man
‘n man wat ‘n bars kan kyk*
maar in jou hand is hy klei
wat jy wil vorm na jou smaak
jy sny hom en my in jou patroontjie
nog is jy nie tevrede nie
is ons nooit goed genoeg
breek jy ons telkens af
boetseer ons oor en oor
jou afkeur het ons diep geraak
die klei het droog geword mamma…
onder jou hand gekraak

*Met erkenning aan Jan FE Cilliers




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 143
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 16 gaste aanlyn

    Bydrae Totale