Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lykskouing

Deur Eduard Smith
Datum gepubliseer: 13 Oktober 2017 Aantal woorde: 58 33 Kere gelees 2

Na my dood,
beweer die lykskouer,
is daar slegs
een stel vingerafdrukke
aan die wande van my hart;
in elk van ‘n vierkamer huis
is dit net tekens van jou
wat daar vertoef het.
Oortrek en amper kompulsief
in elke gaping.

Het jy oral gevat uit omgee
en kyklustigheid,
of het jy gepeuter
om te ontsnap?

© Eduard Smith




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Oktober 13, 2017

      sjoe ek staan stil verstom voor die grootsheid van hierdie gedig! PUIK, PUIK en weer PUIK aanbieding

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Eduard Smith

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 10
    Kommentaar telling: 35

    Laat ek in stilte trap voor die deur waar jy jou woorde berg, soveel so, dat as tyd verloop, jy die sagtrap as vriendskap en die stilte as goedkeuring sal ervaar.  Laat my woorde jou vertel wie ek is, en nie soseer wat ander daarin lees nie.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 80 gaste aanlyn

    Bydrae Totale