Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lugleemtes op die Hoëveld

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 29 Junie 2017 Aantal woorde: 88 20 Kere gelees 3

Die hemel was
Lanklaas
‘n ordentlike skakering
Van blou
Die stad lê lusteloos
En uitgeput
Met sy midrif oor die vlakte
En sy voete in die vlei
Kriewelend en rusteloos
In sy onvermoë
Om sy oë te sluit
Hierdie wêreld
Met sy aritmiese hartklop
Hierdie stad
Met ‘n hol kol in sy maag
En dissipels
Wat lê in die dreine en fluister
Soos hul opstaar na die lug
Die hemel was lanklaas
‘n ordentlike skakering van blou
En my arms
Was lanklaas ‘n ordentlike
Skakering van jou




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 30
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 82 gaste aanlyn