Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Loutering

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 15 April 2017 Aantal woorde: 64 68 Kere gelees 3

getoets deur U vuur
gelouter deur U smeltkroes
Here…
wil ek goud wees nie net papier
as wat wegwaai in die wind
Here, in U naam
maak my gesuiwerde metaal
wat U toets kan deurstaan
om te bly vertrou
te loof en sing…
al het ek als verloor
laat my deur U loutering
soos gesuiwerde water vrylik loop
balsem wees…
vir ander se seer




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 131
    Kommentaar telling: 68

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 36 gaste aanlyn