Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: LOF VIR ‘N VERSLAE GEES

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 9 Augustus 2017 Aantal woorde: 96 31 Kere gelees 2

LOF VIR ‘N VERSLAE GEES

vreugde het sy rug op my gekeer
my menswees opgefrommel
my drome een vir een verteer
my verslae voort laat strompel

as ek net vir hierdie dag
op my voete kan bly staan
sal ek maar deur my trane lag
en blydskap roep in my bestaan

dan sal ek vir die wêreld wys
ek’s meer as net ‘n skepsel
meer as bloed wat deur my are bruis
ek is ‘n spesiale maaksel

deur Sy krag sprei ek my vlerke hoog
in Sy naam span ek ‘n lofprysingsboog

© Barbara Smit – 9/8/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      Augustus 9, 2017

      Heerlik om te lees! En die les te leer netso!!!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 69 gaste aanlyn