Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Liefdes-storm

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 20 Maart 2017 Aantal woorde: 89 95 Kere gelees 1

ragfyn madonna in ‘n tafereel
van silwer-lila-pienk lig
uitgesprei oor blou fluweel
lomerig vaak
in die arms van die wind
iewers tussen wakker en slaap
wolkvingers wat jou streel
sagte plekkies met oorgawe kus
asem wat in holtetjies speel
deur jou wese wasem
rondings piek na bo
as die wind in jou roer
waaier jy oop in ‘n kaleidoskoop
sonlig breek deur jou
liefdesgodin
volkome vrou
deur die woeste wind weggevoer
jou borste swel vol en rond
weerligstrale verskiet soos sterre
liefdesdruppels word uitstort
skiet saad in vrugbare grond




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Maart 21, 2017

      Elroux hierdie is n treffer soos ek lanklaas gelees het

      • profiel foto van Elroux

        Elroux

        Maart 21, 2017

        So baie dankie vir jou lees en mooi kompliment Neels ek waardeer dit baie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 69

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 41 gaste aanlyn