Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lief Sus

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 27 Februarie 2017 Aantal woorde: 94 141 Kere gelees 3

Lief Sus

Klap
dwarsdeur my gesig
jou stem bewe met die berig
Trap
dwarsdeur jou murg
die groot K wil jou verwurg
sleep my betraande gebed
tot reg voor jou bed
so kaal…so klein
jou vonkel in sterielwit verdwyn
en ek gryp styf jou hand
om jou siel vas te hou
my sus – wat is dan die doel
soveel liefde om nog te gee
soveel dinge om nog te doen
my sus – wat is dan die doel
hoekom nou????

maar…jy is steeds skoon –
soos Hiskia, ons gebede verhoor!

© – Barbara Smit – 21/02/2017




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Linnie van Niekerk

      Linnie van Niekerk

      Februarie 28, 2017

      Dit is ‘n baie mooi en treffende gedig

      • profiel foto van Barbara

        Barbara

        Februarie 28, 2017

        dankie Linnie. Ek sê vir die Here dankie dat my Sus nog by my kan wees xx

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 95 gaste aanlyn