Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lewenspad

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 8 April 2017 Aantal woorde: 116 84 Kere gelees 1

gelapte pad
van wanhoop en hoop
saamgeknoop
om duiselingwekkende hoogtes gehalsnoer
waar ek op genade loop
my witrot doolhof pad van val en weer opstaan
‘n nimmereindigende labirint
slingerpad van half-bestaan

net Jesus kan my konkel-paaie gelykmaak
kan my red van die kake van die dood
van die afgrond wat oopbek lag
wat op my mistrap wag
Sy woord is my padkaart
wat my bring by my doel
Hy laat my ribbok oor hoë kranse
Hy gee my die krag
om op te styg soos ‘n arend
om opnuut weer te begin
dag na dag
daarom sal ek bly sing
met nuwe hoop
Hom al my lof en eer bring
al is ek van als gestroop




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 91 gaste aanlyn