Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lewenslyn

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 1 Junie 2017 Aantal woorde: 90 43 Kere gelees 2

Lewenslyn

Wyd versper
die skrik in my oë
as die lewe onder my
fletsend breek
en ek beangs watertrap
tot die koue al die asem
uit my liggaam uit pers

spierwit en rond lê die
middelman in my hand
wat die lyn moet span
tussen lewe en dood
wat moet keer
dat my siel verdrink
en ek stadig in die swart wegsink

warm die hoop
waarin ek my toevou
as ek tree vir tree
my sinne opskraap
my ken en skouers lig
die wêreld daarbuite
vierkantig trotseer.

© Barbara Smit – 01/06/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 86 gaste aanlyn