Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lewens Kaping

Deur Leon Spangenberg
Datum gepubliseer: 30 Mei 2017 Aantal woorde: 127 50 Kere gelees 3

Lewenskaping
Dit was Saterdag middag
Alles was rustig
Ons dogter word een en twintig

Skielik is hy daar
Donker soos die duiwel
Die dood is in sy hand
In hom voel ek die doodsvuur brand

Ek lig my hande omhoog
Ek sal niks poog
My vrou en dogter is hier
Hy is nie ‘n plesier
Ek staar in die oog van die dood
My dogter wil hy bestook met lood
O Here hou U hand oor haar
Ek voel baie naar

Ek het my liggaam tydelik verlaat
Ek kyk van buite na die haat
Hy gooi my kind op die grond neer
Ek dank U Heer

Hy is met alles heen
Toe is daar ‘n groot geween
U Naam word Geheilig
My vrou en kind is veilig




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Leon Spangenberg

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 7
    Kommentaar telling: 0

    Ek is 'n nuwe digter. Ek skryf meestal gedigte oor gebeure in my lewe wat my menswees positief of negatief geraak het.Ek is onlangs met PTSD gediagnoseer en die skryf van die gedigte help my om met my depressie saam te leef.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 258 gaste aanlyn