Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lente

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 11 Maart 2017 Aantal woorde: 78 116 Kere gelees 2

Lente

Oor die blomme
saam met die vars-oggend geure
saam met die helder strale van die son
op die vlerke van ‘n koel briesie

My liefde dans vrolik, sag, winkend vry
dit dartel huiwerend om jou huis en jou
dit roep en sing saam met die voëls
dit ritsel speels aan jou gordyne

Maar jy bly besig met ander dinge –
Kom nou man
kom saam met my
die lente gaan by jou verby!

© – Barbara Smit – 1989




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 57 gaste aanlyn