Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: LANDREGTE in huidige Opset

Deur Toom
Datum gepubliseer: 17 Junie 2017 Aantal woorde: 797 62 Kere gelees 2

LANDREGTE

Baie mense „is daarvan oortuig” dat hulle aanspraak op grond het wat eintlik aan hulle behoort, maar waarvan hulle momenteel uitgesluit is. Baie mense „is daarvan oortuig” dat hulle grond besit, wat hulle voorvare op wettige wyse bekom het – òf gekoop, òf deur ‘n regering toegeken, of hoe ook al. Nou bots die siening van hierdie twee groepe mense, sover dit om dieselfde stuk grond gaan, en die faksies stel hulle al in „gevegsfronte” teenmekaar op. Plek-plek is die situasie alreeds plofbaar.

Toe die African Nationalists aan die bewind gekom het, het hulle beloof om die „eie” mense ‘n beter bedeling te laat toekom: Behuising, werkgeleenthede, gesondheidsdienste, voeding en opvoeding, soos hulle siening van die saak was. Destyds het hulle saam met die kommuniste aangetree met ‘n sosiale opvatting wat die grond- (of basiese) behoeftes van die arm mense in ag sou neem. Daarvan moes hulle die grootste deel afstand doen, aangesien die Wêreldbank hulle wel gedwing het om andere prioriteite te stel, naamlik die infrastruktuur vir die behoud en opbou van handel en nywerheid. Dit beteken dat dié mense wat baat uit die amtelike – maar veral die nie-amtelike – apartheid getrek het, vandag nog altyd daaruit baat: Die rykes in die spogwoonbuurte (met engelse country-estate-name), wat hulle apartheid kon koop en dit nog altyd koop, ten spyte van hul openlike bekenning tot ‘n „liberale politiek” – wat dít ookal mag wees.


Verskillende mense het nog
vóór die begin van die nuwe bedeling daaroor besin, dat grond opnuut verdeel sou moet word, en een van die idees wat aan die oppervlakte gekom het, was ‘n stelsel waarby die grondbesitter of eienaar as ‘n soort voog aangestel word, om die belange van die boerdery te dien, en dat almal op die plaas ‘n aandeelhouer in die gemeenskaplike eiendom word. Daarby sou daar geen eiendomsreg meer wees nie – alle grond sou aan die staat behoort: „Staat” is ja ‘n begrip wat op grondoppervlakte berus, „Nasie” dus die geregte bewoners van die staatsgebied.


Alle voormalige grondbesitters sou dan pagters van hulle persele, hoewe, boerderye, fabrieke, ensovoorts wees, soos alle ander mense en juristiese persone in die hele land wat grond besit. Die mense wat
óók daarop gewoon en gewerk het, soos huurders en arbeiders, sou as lede van ‘n plaasgemeenskap optree. Hulle sou ‘n gemeenskap daarstel met ‘n vaste struktuur: ‘n Uitvoerende raad, voorsitter, sekretaris en algemene vergadering, soos in ‘n klub of vereniging — of ook ‘n maatskappy. Die voorsitter sou voorlopig ‘n status toegeken word êrens tussen vrederegter, landdros, burgemeester en sakebestuurder, ‘n posisie wat nog geskep moet word – soiets soos ‘n skipskaptein met sy besondere regte. Daarby sou ons lesse uit die verlede kon trek en uit die foute van die kommunisme, sosialisme en ook die kapitalisme kon leer.


Daar word daarvan uitgegaan, dat die (blanke) familie waarskynlik die eerste generasie(s) van voorsitters sou afgee, omdat hulle die vaardigheid het om die bedryf te voer; dat nie net die (blanke) aanvoerders verplig sou wees om verder te leer en studeer nie (wat hulle sekerlik al doen en voortaan ook gaan doen), maar dat alle medewerkers ‘n opvoeding sou geniet; dit bedoel dat alle kinders dieselfde reg sou hê, om hulle te bekwaam vir ‘n pos in die „eie” bedryf of in ‘n andere; dat vroeër of later, as ‘n witmens uit die familie nie meer die interesse of kwalifikasie vir ‘n besondere pos sou hê nie, dan sou iemand anders met kwalifikasie en vakkennis die loopbaan kon opneem. Nie soos ‘n erfbare koninkryk nie, maar soos ‘n demokratiese republiek.


Sodoende sou ‘n lewende gemeenskap kon ontstaan wat stadigaan ontwikkel, en waar
niks op niemand afgedwing word nie. Die stelsel van plaasskole hèt al bestaan en sou uitgebrei en ontwikkel word om voortlopend beter diens en ‘n hoër kwalifikasie af te gee alvorens ‘n kind dorptoe na die hoërskool trek om hom of haar op matriek voor te berei – às hy of sy dit kan en wil, natuurlik. En so kon die infrastruktuur van die landelike gebiede opgebou en verstewig word en die benadeligdes op die platteland sou ook die vrugte van die algemene vooruitgang kon geniet. Na behoefte word die regte van die „skipskaptein” mettertyd reduseer, of minstens verander. Die heersende landsreg bly in elk geval behoue.


Dit sou alles ‘n hoë mate aan verdraagsaamheid, geduld en broederlike liefde verg, en daar word nie bestry nie dat die stelsel, wat ek slegs sketsagtig daargestel het, hier en daar swak kon wees en veral dat daar sommige onwilliges sou wees.

Maar dìt het ‘n staat kon betaal, veel meer as hy dit kan bekostig om die kriminaliteit – wat hy self geskep het deur arm, ongeletterde stemvee in die sand naas die grootstede af te laai – te beveg.


17e.Junie2017__________________________(2005)tje




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Junie 18, 2017

      Daar is een ding wat hulle in hierdie land vergeet in hierdie hele landregte situasie. dit was die blanke wat hierdie land opgebou het en gebring het waar dit is.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 140
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 41 gaste aanlyn