Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kriteria vir trofees en toekennings by Ink se Gala-aand 4 November 2017

Deur Anze
Datum gepubliseer: 22 September 2017 Aantal woorde: 692 101 Kere gelees 2

Soos almal weet nader ons die weer daardie tyd van die jaar waar INK sy lede wil vereer vir hulle deelname en puik skryfwerk tydens ons Gala-aand wat op 4 November 2017 by die hAp-huis in Pretoria gehou gaan word.

Terwille van deursigtigheid stel ons hierdie inligtingstuk tot u beskikking om enige onduidelikhede te voorkom.

Hierdie dien as ‘n inligtingstuk aangaande die 2017 INK – Skryf in Afrikaans Meriete toekennings.

Toekennings in die vorm van trofees en sertifikate word oorhandig in die volgende kategorieë:
1. DIGTER van die Jaar 2017
2. GEDIG van die Jaar 2017
3. SKRYWER van die Jaar 2017
4. VERHAAL van die Jaar 2017
5. RUBRIEKSKRYWER van die Jaar 2017
6. RUBRIEK van die Jaar 2017

Let wel: Die INK bestuur in samewerking met die Moderator behou die reg om geen toekenning te maak in enige van die afdelings nie, indien daar ‘n tekort aan werklike meriete is. Daar word wel gepoog om in elke afdeling genoegsame bydraes te vind om so ‘n situasie te vermy. Ons is wel van mening dat aansporings soos hierdie op werklike meriete moet plaasvind, en dat daar nie lukraak toekennings gemaak sal word waar kwantiteit oor kwaliteit sal seevier nie.

Die kriteria waarvolgens beoordeling gedoen word is effe strenger hierdie jaar as in die vorige. Hieronder kan u uself vergewis van die proses en die kriteria, wat nie noodwendig in elke afdeling op dieselfde wyse gedoen word nie:

KRITERIA VIR TOEKENNINGS

Het die lid…
1. gereeld en genoegsaam deelgeneem om te verseker dat daar ‘n omvangryke bydrae is wat beoordeel kan word?
2. daadwerklik gepoog om kreatief, veranderlik en uitstaande te wees?
3. telkens ten sterkste gelet op die onderliggende fondasie van die skryfkuns deur onder meer (en nie alleenlik) toe te sien dat die basiese elemente soos spelling, gebruik van leestekens, woordkeuses en funksionaliteit in die bydraes goed versorg was?
4. gepoog om voorstelle en krit (indien enige) te oorweeg en aanpassings en redigering te doen?
5. vordering getoon?
6. sy of haar liefde vir Afrikaans ten toon gestel deur omgang met nuwe woorde, vorms, spelreëls en algemene netheid in die skryfproses?
7. se werk aandag getrek by ander skrywers en lesers en het dit kommentaar ontlok?
8. se werk voortdurend en konstant beïndruk en ‘n bydrae tot die Afrikaanse poësie- en prosaskat gemaak?

PROSES VAN BEOORDELING:

1. Alle bydraes vanaf die 1 ste September 2016 tot en met die 31 ste Augustus 2017 is in aanmerking geneem in die proses.
2. Elke betalende lid se bydraes (hoe kwantitatief ookal) in hierdie periode, is gelees en beoordeel.
3. Teen die 31ste Augustus 2017, is ‘n volledige kortlys saamgestel van die lede wat bydraes gelewer het: dit is die preliminêre fase van beoordeling. Nie elke bydrae wat op die kortlys verskyn het noodwendig aan elke kriteria voldoen nie.
4. Tydens die maand van September word hierdie kortlys dan gedissekteer en elke bydrae word streng gemeet aan die kriteria wat in die vorige afdeling bespreek word.
5. Hieruit word die finale kortlys opgestel waar slegs vier name (en bydraes) in elke afdeling verskyn.
6. Die finale beoordeling vind plaas tydens die naweek van 16/17 September 2017 waar die volledige span beoordeelaars koppe saamspan en uit die vier name besluit vir ‘n wenner, 2 de en 3 de plek.
7. Die gedig van die jaar byvoorbeeld is nie noodwendig uit die pen van die DIGTER van die jaar nie, want elke bydrae word op sy eie meriete beoordeel. Ons gebruik die DIGTER van die Jaar net as voorbeeld, maar dit word in elke afdeling op dieselfde manier gedoen. Die Digter van die Jaar moet iemand wees wat konstant uitstaande werk gelewer het, waar die gedig van die Jaar dalk ‘n uitstaande enkel bydrae is wat net eenvoudig nie sonder toekenning kan wees nie. Ons vertrou hierdie proses maak vir u sin.
8. Die finale uitslae word dan eers aan die INK bestuur bekend gemaak wat die praktiese voorbereidings doen vir die Gala aand.
9. Die Bestuur het GEEN insae of bydrae tot die beoordelingsproses nie.

Lede moet ook asb daarop let dat die skryfkompetisie wenners niks met die trofees en toekennings te doen het nie aangesien die borge die wenners uit die betrokke inskrywings kies, indien daar wel ooreenkomste voorkom is dit slegs toevallig aangesien hulle van hulle eie kriteria en paneel gebruik maak om die wenners van die kompetisie te kies




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Anze

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 165
    Kommentaar telling: 1487

    Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 61 gaste aanlyn

    Bydrae Totale