Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Krismis

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 15 Maart 2017 Aantal woorde: 81 151 Kere gelees 1

asblikke versier met Kersfeespapier
Kersete met koekstruif en kersies reeds vergete
kers-speelgoed stukkend op die grond
lê oral rond…
Kersgesigte weggepak in laai en rak
tot volgende jaar
elkeen het terug gekeer na sy eie seer
waaruit ons nie kan ontsnap
wat aan ons hakskene bly hap
die nuwe jaar en altyd deur
Kersfees is verby…
tot volgende keer
nou is dit net weer ek
ek alleen met my hartseer hart
terwyl pa stry en ma baklei
onder die uitgerafelde krismisboom




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 143
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 21 gaste aanlyn

    Bydrae Totale