Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kosmos langs die pad

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 27 April 2017 Aantal woorde: 88 106 Kere gelees 2

Kosmos langs die pad

Hierdie sprokie het begin met jou
toe jy my in jou arms toevou
kosmosbont liefde wyd sonder perk
die gordyn van my hemele oopgetrek.

Jy’t die ronde maan se goud gepluk
ons huis uitgeverf met geluk
sterre langs die pad gesaai
‘n laning van liefde wat blom, so fraai.

Miskien moet ek die kosmos se mooi
soos konfetti oor die muur vir more gooi
sou my plekkie dalk leeg raak in die nag
sal ‘n mengelmoes van onthou vir jou wag.

© Barbara Smit – 26/4/2017




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      April 27, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

    2. profiel foto van Kiekies

      Kiekies

      April 27, 2017

      Ai dis so pragtig gese!!

    3. profiel foto van Palet

      Palet

      April 28, 2017

      Hou hiervan…mooi!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 81
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 80 gaste aanlyn