Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Koledans

Deur Okatopi
Datum gepubliseer: 25 Junie 2017 Aantal woorde: 63 35 Kere gelees 1

Die lank na nanag kole
gloei dof in skakerings van geel, oranje, rooi,
in ‘n ligblou – geel vlamme dans
oor die lengte van die stomp,
Soos die hardekool verbrand.

En jy,
jou baadjie om jou vastrek teen die koue,
blikbeker vol warm koffie omvou met jou hande,
luister hoe die jakkalse jou vertel…
wat jy lankal geweet het

© F Jansen van Vuuren




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Okatopi

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 52
    Kommentaar telling: 89

    Doodgewone ou wat soms skryf net omdat die lus my beetpak en iets moet uit 🙂 Verward, verweer en soms verlore.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 101 gaste aanlyn