Koffie versugting
Kaffiene versugting
“suiker
sandkorrels
wat wag…
wag…en wag…
vir die dag…
waar liefde arg
slaap jy ook sag…
en diep
diep, diep
smelt jy weg
ondertoe onder
wonder toe
waar harte pêrels verdwyn
en my verlange kwyn
die soet op my tong
belei
jy het my verlei
kaffiene my nicotine
my endorfiene
vir ‘n oomblik
gee ek jou my ‘sad’
refrein
my hart se pyn… “
©Poetrydancer (04/06/2017)
4 Kommentare
-
-
Okatopi
En ek hou juis so van my koffie ..... sonder suiker
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'n Heel ander kykie na koffiedrink. Goed gedoen, Poetrydancer :-)