Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Klein Rook

Deur Leon Spangenberg
Datum gepubliseer: 30 Mei 2017 Aantal woorde: 116 42 Kere gelees 2

Klein Rook
Ek was skaars sewe jaar
Ek het my pa se sigarette gewaar
Dit was ‘n groot lus
Wat ek nie kon blus

Ek sit een in my mond
Steek hom aan soos ‘n lont
Met ‘n gehoes en ‘n geproes
Was die rook in my longe woes

Laat in die nag
Word ek wakker gemaak
Pappa het nie gelag
Ek het moeilikheid gesmaak

‘n Pakkie dertig word vir my gegee
Ek moes die trane weg vee
Jy sal dit klaar maak
Jy wil mos die grootmens lewe smaak

In uit, In uit
My longe het gefluit
Glo my, sowaar
Die goed maak my naar

Ek het toe maar besluit
Die rook ding is uit




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Leon Spangenberg

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 7
    Kommentaar telling: 0

    Ek is 'n nuwe digter. Ek skryf meestal gedigte oor gebeure in my lewe wat my menswees positief of negatief geraak het.Ek is onlangs met PTSD gediagnoseer en die skryf van die gedigte help my om met my depressie saam te leef.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 229 gaste aanlyn