Jongste aktiwiteit:

Klawers Vol Liefde

Op die strand staan hy,
blinkswart geklee.
Sy grootsheid strek verder
as die blou wye see …

Uit sy klawers van
ebonie en ivoor,
kom klanke van liefde,
‘n eng’le koor.

Dié swartglans-wonder
herinner aan jou;
aan al die mooi
waaraan ek vashou.

Opgesluit in klawers
lê ‘n wêreld vol prag …
Jy’s nes ‘n klavier;
die musiek – jou lag.

‘n Gedig en skildery deur myself (André van Wyngaardt) ©
Besoek gerus my Facebook “fan page” : André van Wyngaardt Skilderkuns

andrevwmusiek@gmail.com
083 712 9081




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed