Jongste aktiwiteit:

Kindjie klein

Jou gesiggie tog so fyn –
jou glimlaggie alte rein
met blou ogies waarin tirade verdwyn,
en tog … ‘n tikkie hartseer wat daarin skyn.

Jou rooi haartjies dans in die wind
met elke rooi krul wat harte verslind,
het jy ons lewens stewig gebind
met elke tree en huppel my kind.

Jou handjies dra blommetjies aan –
elke kleur en soort onder die maan
wat ek nou nog met teerheid raam
elke keer as jy weg moet gaan.

Nou sit ek met jou fototjie teen my hart
en verlang jou tog so my skat –
Ouma se kind… my dierbare lief,
jy het my hart gesteel soos ‘n dief.

Opgedra aan Lily.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed