Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kindjie klein

Deur Cornien
Datum gepubliseer: 1 Augustus 2017 Aantal woorde: 112 15 Kere gelees 1

Jou gesiggie tog so fyn –
jou glimlaggie alte rein
met blou ogies waarin tirade verdwyn,
en tog … ‘n tikkie hartseer wat daarin skyn.

Jou rooi haartjies dans in die wind
met elke rooi krul wat harte verslind,
het jy ons lewens stewig gebind
met elke tree en huppel my kind.

Jou handjies dra blommetjies aan –
elke kleur en soort onder die maan
wat ek nou nog met teerheid raam
elke keer as jy weg moet gaan.

Nou sit ek met jou fototjie teen my hart
en verlang jou tog so my skat –
Ouma se kind… my dierbare lief,
jy het my hart gesteel soos ‘n dief.

Opgedra aan Lily.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Cornien

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 18
    Kommentaar telling: 47

    Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 67 gaste aanlyn