Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Ken jouself

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 12 September 2017 Aantal woorde: 126 11 Kere gelees 2

“If you do what you’ve always done, you’ll get what you’ve always gotten” Tony Robbins

Sy weet jy wag vir die lig in haar nag, en
soene wat soos sterre om jou sal skitter;
sy sien hoe jy begeertiglik staar
asof die son, maan en
duisende planete om haar draai;
maar sy sien haarself ook
waar alles om haar ewiglik gloei in rooi
doodgebloei en moeg gestoei, en
sy wonder
het die kosmos dan nou saamgesweer
om modderspore oor haar pad te gooi; ealles wat sy aanraak
te verwinter en met ‘n knouende kilte
te kerf tot die been.

Sy weet van jou
sy sien jou
wat soos ‘n onvergenoegde wind na haar waai,
maar sy sien ook haarself.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Caren Kearley

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 60
    Kommentaar telling: 5

    Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my man en twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders het ek altyd gesê dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 80 gaste aanlyn