Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Dank aan Amakeia

Projek – Dank aan Amakeia

Dit is so ‘n ontsagtlike groot oomblik en ongelooflike eer vir die INK webwerf om die eerste projek aan te kondig!

Onbeperkte inskrywings in elke afdeling. Merk asb aan die onderkant van u inskrywing PROJEK 1 – DANK AAN AMAKEIA. Sluitingsdatum vir die projek is 15 Maart 2016

Een van die grootste Afrikaanse gedigte, wat aangrypend aan die hartsnare van die leser raak, is seker ‘Amakeia’ deur AG Visser. Ek plaas graag die gedig hier onder.
U opdrag dus, om aan hierdie projek deel te neem, is om ‘n Dankgedig aan ‘Amakeia’ te skryf vir die heldedaad en ook vir die liefde en sorg wat sy betoon het, om dan teen die einde met haar eie lewe te betaal omdat sy die kindjie beskerm het.

VOORBEELD:
Dankgedig aan Amakeia

Is die aarde droog en dor Amakeia
waar jou bloed moes loop?
In die stil Amatola-klowe waai vandag
nog nét die wind, rukkend soms
vanuit die Ooste
oor die offer wat jy moes bring.

ens. ens. ens.

U kan gerus soveel fiksie in u eie gedig inbou soos dit vir u goed is, maar die crux van haar heldedaad om die kind te beskerm moet duidelik omskryf word.

Daar is geen reël op digvorm en tipe nie.

VIR U INLIGTING:

AMAKEIA ~ deur A.G. Visser

In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:

“Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie –
stil maar, al is Mammie ver.”

Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.

Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia’s
vrind’lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.

“Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan.”

Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
“Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek sy
met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
“Sterf of gee die wit kind hier!”
“Oor my lewelose liggaam …”
antwoord Amakeia fier.

“My belofte aan my nonna –
beste wat daar ooit nog was –
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas.”

“Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen –
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!”
*
In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
“Tula – Tula – stil, my kind!”

Awendster vir Amakeia

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 11

Ek roep jou naam, deur die berg klowe – Amakeia
en al wat terugkeer is … eia, eia, eia,
soekend wandel ek langs die dig begroeide bospaadjies,
soek ek iets van jou, agter elke struik en gaatjie.

Op my tog verdwaal ek tussen witstinkhout en geelhout bome
wat…

Ndiyabulela Enkosi Amakeia

Deur Datum gepubliseer: 13 Maart 2016 9

Uit die blou van onse hemel het die spiese neer gereën
en skree sy bloedstollend tot die kranse antwoord gee.
Deur die ver-verlate vlaktes het sy die kind saamgedra,
het sy die kleintjie en haar belofte in haar hart ge-abba.
Jou heldedaad is nou ‘n roepstem,’n les om by te baat;
jou woord was…

Ere aan Amakeia

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 11

Op die grens van Kafferland
het jy menig’ Amakeia deuntjies
in die skitter van die awendster
aan die witkind sag geneurie
al was sy mamma bitter ver

Want daar’s aan haar belowe
sonder huiwer, sonder kla
toe sy sterwend aan jou vra
dat jy die kleine piekanini
tot die dood op jou rug sal dra

Braaf het jy ligvoet…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 64 gaste aanlyn