Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2017 – Oop projek

Ons staan amper aan die einde van die jaar, en dit is dus nodig om die tempo te verminder.

Hierdie maand is die projek ‘n gemaklike een waar julle eie kreatiwiteit ten toon gestel kan word.

Skryf in enige styl oor enige onderwerp sonder voorskrifte en reëls.

Beide die digters en die storiemakers het vrye teuels.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Groete
Projekbestuurder

Wenners: November 2017 – Oop projek

Deur Datum gepubliseer: 6 Desember 2017 2

Baie geluk aan die volgende lede

GEDIGTE:
1 ste plek: Carma Shaw met nie soos glas
2 de plek: Caren Kearley met Gebroke denker
3 de plek: Francois Meyer met Konform

GEDIGTE EERVOLLE VERMELDING:
Anzé Bezuidenhout met Uurglas-tyd
Caren Kearley met Vandag se wag
Caren Kearley met Eensaam
Carma Shaw met Verwagtinge
Estelle Rubow met As daar ‘n god…

Winterkoms

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2017 3

blaas jou grassade
van die Ooste tot Weste
oor dorre rooi grond

heil die winterkoms
laat kabbelende strome
sag suis in kraters
en wild waai jou kou’ winde
deur bome en ou blomme

strooi jou doodsblare
van die Noorde tot Suide
langs lopende waters

(HAIKOE-TANKA-HAIKOE)

© Carla Visser
28.11.2017

VEERTIEN SOENE NET VIR JOU

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2017 4

VEERTIEN SOENE NET VIR JOU

Vers1
Veertien soene net vir jou
betowerende liefling om vas te hou
gee ek ň rooi bos rose om jou te behou
verlang ek na my eie nooi
smag ek na haar sagte lippe rooi

Vers2
Veertien soene net vir jou
betowenrende liefling om vas…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 135 gaste aanlyn

Bydrae Totale