Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Julie 2017 – Oop en nuwe projek

Hierdie maand kan jy deelneem aan ‘n oop kategorie vir beide die gedigte en verhale afdelings.

Daar is dus geen voorskrifte nie. Jy mag inskryf met enige onderwerp.

Die enigste reël is egter dat jy nie iets mag inskryf wat reeds voorheen erens anders as hier op INK geplaas is nie.

Dit moet jou eie werk en oorspronklik wees.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Projekbestuurder

Wenners: Julie Oop en nuwe projek

Deur Datum gepubliseer: 4 Augustus 2017 4

WENNERS:
Baie geluk aan die volgende lede

GEDIGTE:
1 ste plek: Viooltjie met Waar die gompou vlieg
2 de plek: Viooltjie met Limpopo onbegrens
3 de plek: Anzé Bezuidenhout met In die begin

EERVOLLE VERMELDINGS:

Epimetheus met Masochisme is ‘n wintergewas
Francois Meyer met Ontploffing van Vryheid
Anzé Bezuidenhout met My bastion
Viooltjie met Die lig in die donker
Caren…

Kindjie klein

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2017 1

Jou gesiggie tog so fyn –
jou glimlaggie alte rein
met blou ogies waarin tirade verdwyn,
en tog … ‘n tikkie hartseer wat daarin skyn.

Jou rooi haartjies dans in die wind
met elke rooi krul wat harte verslind,
het jy ons lewens stewig gebind
met elke tree en huppel…

Woestynpad –

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2017 3

WOESTYNPAD

swerf maar swerwer
deur dor gedagtes
honger, verslete
‘n slaaf vergete
gejaag deur sonde
gejag deur begeerte
jou vryheid maar net
‘n onseker gordyn
‘n skeidsmuur –
jy teenoor sonde
‘n klaagmuur –
jy reg voor God
‘n skandmuur –
gebrokkel gebreek
hoog vlammende hoop
soos Moses se bos
byna te bitter
gewete se water
maar soet die manna
sonder moeite vergader
en spierwit die wolk
van beloftes wat roep
gelouter…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 66 gaste aanlyn