Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2017 projek – Kersfeesvieringe

Dié tyd van die jaar het weereens aangebreek…’n feestelikheid wat vir elkeen sy eie sjarme en sentiment inhou.

Die opdrag:
Digters:
Skryf ‘n gedig wat in ‘n kerskaartjie ingesluit kan word. Die tradisie van kerskaartjies uitstuur is stadig besig om uit te sterf as gevolg van die gebruik van allerhande elektroniese weë. Kom ons poog om hierdie gebruik te laat herleef. Jou gedig kan in enige vorm, enige rymskema en enige onderwerp wees, solank dit ‘n werkie is wat in ‘n kerskaartjie sal kan verskyn.

Skrywers:
Skryf ‘n humorisitiese storie, nie meer as 800 woorde nie, oor die familie wat vir kersete saamkom en dinge wat skeef loop met byvoorbeeld die voorbereiding van die kos of ‘n familie rusie. Jy mag jou eie strorielyn kies en hoef nie van die voorbeelde te gebruik nie solank dit humorities is.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n rubriek (nie meer as 800 woorde nie) oor enige onderwerp aangaande die feesseisoen. Maak die inhoud interessant met leersame feite.

Skryf in Afrikaans, dis die regte ding om te doen!

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Groete
Projekbestuurder

Kersnag in die Karoo

Deur Datum gepubliseer: 17 Desember 2017 2

Heel die hemel kyk neer
oor vaal bossies en klip
na ‘n stal en ‘n windpomp
naas ‘n kraal en ‘n krip.

Al die melkweg se sterre
skitter helder daarbo –
oor ‘n stofpad wat kronkel
deur die dorre Karoo.

En elke naguiltjie roep
sodra die son ophou skyn
en laat gesange vol hoop
deur die droë land refrein.

Daar waar…

Die KERSGESKENK

Deur Datum gepubliseer: 16 Desember 2017 1

Die KERSGESKENK

Na die feesmaal sit almal om die halfafgedekte tafel, en eintlik wil niemand roer nie. Sat. Die tafel staan onder die groot koelteboom op die gras agter die huis; die grootste geskenk,…

Krismis konsternasie

Deur Datum gepubliseer: 13 Desember 2017 1

Ding dong, lui die klokkie by die van Tonders se woning.
“Pappa, gaan kyk gou wie dit is. Ek is in die kombuis besig!” gil Susan, uit die warm kombuis terwyl sy die sweet van haar voorkop afvee. Sy weet nie of dit nou die oond se…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 112 gaste aanlyn

Bydrae Totale