Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2017 – As seisoene vir ons draai projek

Hierdie maand se opdrag lyk soos volg:

Digters: Skryf ‘n gedig, nie langer as 12 lyne nie, met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ Die tema hoef glad nie jou titel te wees nie maar moet slegs gebruik word om jou gedig tematies te dryf.

Jy sal ook ekstra krediet kry vir die gebruik van unieke koppelwoorde en nuutskeppinge.

Maak seker dat jy die basiese reëls van poësie nakom nl. spelling, gebruik van leestekens, gebruik van hoofletters op die regte plekke ens. Daar hoef geen spesifieke rympatroon te wees nie maar dit is aanvaarbaar indien jy daarop besluit.

Skrywers: Skryf, in nie meer as 800 woorde nie, ‘n kortverhaal (gorrel, artikel) met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ óf ‘Die seisoene draai’. Maak seker dat jy die basiese reëls nakom.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Woordgroete
Projekbestuurder

Ontknoop die lente

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2017 1

Koue sif oor die veld
verkleur alles van groen na bruin
soos flenters van hoop en vrede
wat hang aan bome se takke

Vensters staar kaal en sielloos
na buite
en die wêreld glimlag met ‘n traan
na die nuwe blos op die maan

Ek wil die eindelose wydte van
my…

Twee Seisoene Fee

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2017 3

Vivian se keel brand van ongestorte trane. Sy klem die legendariese swaard in albei hande vas; sy kan skaars glo dat dinge so lelik skeef geloop het.

Haar hart breek soos die blonde jong man met die ondersteuning van die meervroue na die ander kant van haar eiland loop. Sy…

Son se blom

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2017 2

Die Namib
sy alleen ken die geheim
die roete tussen berg en kloof

Brandstofdampe, stofstorms
verduister son se lig!
warrel die winterwind
ysig en koud

Dwarrel gister se storms
deur stof en sand
en golwe spoel nie meer uit
op die strand

Volg die son se pad
van oos…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 51 gaste aanlyn