Jongste aktiwiteit:

KATEGORIE verskillendes/snaakses: Aapstert @

KATEGORIE: Aapstert @

Die sogenaamde „aapstert” stam uit ‘n ou afkortingsvorm, waarskynlik in verskeie Europese tale, en kom uit Frans, accent gráve en agut [Afrikaans, aksenttekens (láng, sê ek, teenoor skèrp of kòrt)]

In geskrewe Duits word dit (nog altyd, buiten in die elektroniese dataverarbeiding) so geskryf: à. En presies so uitgespreek: à, ‘n kort beklemtoonde à. (Rooikàppie kràl ‘n bàkkie stàmpmielies. Ons sê pàppa, nie papá nie.)

Dit word gebruik by vergelykings, veral by pryse, so: 10 kilogram à 50 sent (= R5,00), 3 minute à kilometer, of à kilometer 3 minute, of een kilometer à 3 minute. . . Anders gesê en geskryf: pro (Nederlands per).

a

Vir wat volg, moet ons van die ronde a, wat ons in die skool geleer het, uitgaan: a

Of hierdie letters, wat in my lys van skrifsoorte onder URW Gothic L verskyn, hier nog só te lees is, weet ek nie. (Aanskynend dog!)

Die Engelse taal met sy neiging tot gouigheid en vinnige verbindings (geen kritiek nie, slegs feite-berig) laat die pen by die stert van die a op die papier bly en maak die leesteken boöp alles in een streep. Hy wat nie gou genoeg die pen gelig het nie, het dan die lange ronde stert teweeggebring, @. (Ons het as kind geleer om bo-links (by 10 tot 11 uur) op te hou skryf.) Die ander variant is om die pen na die leesstrepie (aksent) na bo te laat kringel: Dan kan dit oor homself kruis; dan kan dit lyk asof twee letters in skryfskrif oor- of naasmekaar staan: ‘n a en ‘n t: at.

Taalkundiges mag my vanselfsprekend korrigeer, waar ek valshede versprei, maar so verstaan ek dit hier en nou.

©6e.April2017………..§ ® ¥ Ø a Ǻ Œ £ € ……..(2012)tje

ORIGENS:   Dit wat ons AAPSTERT noem (at in Engels, Duits en ander tale; by in Afrikaans) laat mens aan die dun roerdeeg of strudel (@) van pannekoek dink, mos, nè? Ander tale het ander maniere om iets te benoem. Êrens in Europa word ‘n pannekoek ‘n strudel genoem.

En so is die naam vir @ in Hebreeus: Strudel. Mooi nè?

>>Juffie, skryf gou ‘n epos aan die firma strudel dot pannekoek, . . . <<

Groetnis vanToom




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed