Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: KATEGORIE: Verskillendes, snaakses – Swemster

Deur Toom
Datum gepubliseer: 19 Mei 2017 Aantal woorde: 147 84 Kere gelees 1

KATEGORIE: Verskillendes, snaakses – Swemster


Beth is swemmer. Omdat sy ‘n vrou is, is sy ‘n swemster; daar sy ‘n swemkampioen is, is sy ‘n swemster.

Haar kêrel Andreas is ook swemmer; daar hy ‘n man is, is hy nie ‘n swemster nie, maar ‘n swemmer; ook hy is ‘n swemster, ‘n swemkampioen.

Beth se sussie, Chrissie wat swemmer is, is ook ‘n swemster maar g’n kampioen nie, dus nie ‘n swemster nie.

Aldus: Beth en Chrissie is swemsters, hoewel Chrissie nie ‘n swemster is nie, en Beth en Andreas is swemsterre, hoewel Andreas nie ‘n swemster is nie. Beth is ‘n swemster en ‘n swemster; Andreas is egter ‘n swemster maar nie ‘n swemster nie; en so is Chrissie ‘n swemster maar nie ‘n swemster nie.

Ons sóú kon sê, Beth is ‘n swemsterster.

Dorrit speel hokkie

(C).16e.Mei2017…………..ooÖoo………………………(2012).tje

 




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 130
    Kommentaar telling: 131

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 63 gaste aanlyn