Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: KATEGORIE: Verkeerde Woorde – job

Deur Toom
Datum gepubliseer: 12 Maart 2017 Aantal woorde: 1007 207 Kere gelees 1

KATEGORIE: Verkeerde Woorde

In ander „Taaltirades” van my het ek al oor hieries-en-daries stormgeloop. Waarteen ek graag raas, is besonders dom woorde. Of woorde wat verkeerd gebruik word. Of nog erger engelse woorde (wat verkeerd of onnodig ingesit word).

Daarom moet ék ekstra oppas dat so ‘n blaps by nie gebeur nie: Of Engels of Duits!

Voorbeelde daarvan is awesome en stupendous; persoon en nasie; persepsie, awesome alweer en like of job.

JOB

Vandag gaan dit om job, ‘n begrip wat my bitterboos maak.

Ek weet nie hoe dit in die Rusplek van SomnabulA, in die daaglikse gebruik van Afrikaans is nie. Maar hier in Duitsland skryf die koerante, praat die pölitici en die mense op straat slegs van Jobs” (sê tjops!). En die begrippe werk, werkplek, werkstel, werkgeleentheid, lewensonderhoud, opgawe, lewenstaak, gesekerde uitkomkans vir gesinne saam met ondersteuning vir die firma, grondlae of basis vir lewe in hierdie geselskap ens. word glad nie gebruik, nie eers gedink nie. (In die duitse taal sê mens arbeid-” pleks van werk-”, maar die betekenis bly dieselfde.) Wat is nou my probleem?

Die engelse betekenis van die woord is oorspronklik taak of liewer takie.” ‘n Enkele, eenvoudige, alleenstaande werkie wat uit die groot werk- of arbeidsproses uitgesonder is.

° By voorbeeld: Dis sy taak om saans die lig uit te skakel. Niemand word vir ‘n agtuurdag, ses-dae-die-week, met middagspouse en twee weke verlof betaal om saans die lig uit te skakel nie.

° By andervoorbeeld: Haar job is om te sorg dat genoeg water na Brakpan vloei. Tja, daar’s heelwat meer as aan- en uitskakel betrokke hier, maar dit is en bly slegs ‘n deel(-tjie) van haar (kompliseerde, staatsdraende, verantwoordingsvolle) opdrag of opgawes, want sy het groter Johannesbug, Krugersdorp, Vereniging en Bapsfontein ook nog. Daartoe het sy die kleuterskole wat sy met melk vir ontbyt moet versorg, asook panserskietoefeningsbane in die laeveld . . .

° Nog een? Die padvinders het jaarliks ‘n Bob-a-Job-Day” waarby die kinders omgaan en (bv die bure) vra of hulle die grasperk sal maai, die motor kan was, of ‘n ou tannie by die robot „oor die straat mag begelei” . . . Iets wat destyds ‘n sjieling werd was. Dit is die gebruik van die begrip job na die oorspronklike definisie.

° Deesdae word dit gebruik in die sin van „Sy politiek stel sewe-duisend jobs in gevaar.” „Sonder job kry jy nie ‘n banklening vir ‘n wasmasjien nie / kom jy nie in die woonkompleks nie / ens.“ „Neem hierdie job aan my kind. So ‘n geleentheid kom nie weer nie.” „Ek laat my dogter nie ‘n man sonder job trou nie!” Die nuwe fabrik verskaf honderd-twintig jobs.

Laat die Britte (en veral die VSAmerikaners) met hulle taal maak wat hulle wil. Hulle het ‘n eie private filosofie (of nie) aangaande hoe dit moet uitsien, of liewer aanhoor. As iemand hierdie taal wil praat, moet hy hom aan die aktuele reëls hou. Dis mos duidelik, nè? Maar moenie húlle aktuele reëls in die éie taal kom omplant nie!

Ek sê „aktueel” omdat die reëls werklik mettertyd verander, so ook die woorde.

By voorbeeld: Honderd jare en meer gelede (om die eeuwende van die 19e. tot 20e.) was to discriminate ‘n goeie woord. Slegs ‘n regte gentleman kon diskrimineer tussen ‘n goeie en ‘n slegte portwyn of sigaar, by voorbeeld. En elkeen op die eiland kon diskrimineer tussen ‘n gentleman en sy kamerdiener ofskoon altwee piekfyn kleding aangehad het. Ons woord daarvoor is om te onderskei.

Deesdae heers heeltemal anderse houdings, verhoudings, aansigte en doele in ons daaglikse lewe, en die woord beteken deesdae om teen iemand te besluit, besonders om hom daarby bewus te beseer of skade aan te doen.

° Soos bv.: Die v-(piep!) Boere het alweer ‘n arme skuldlose mens of groep mense benadeel, geskaad en onreg aangedoen.

° President Trump trek slegs twintig-duisend Christene onder die Siriërs voor en laat miljoene aan hul dodelike los oor, omdat hulle Moslems is.

° Die Nigeriërs kies net artikels uit eie produksie eerder as die uit Senegal, ofskoon die arm Senegalese die geld broodnodig het.

  —  Slegs (uitgedagte) voorbeelde. Tot sover diskrimineer / diskriminasie. —

Terug na „job”. Die moderne gebruik laat Anglo-amerikaners toe om in die kantore van die bestuur persone soos skaakpione te „verskuif”, „elimineer” of „offer” (opoffer), sonder om daarna te kyk wat uit die betrokke mense word. Koud, analities, koppig, sonder hart, gevoelloos. Soos die konings van weleer, wat hulle hordes kleinboere en plebeërs met hooivurke en knuppels teen ‘n oormag van goed bewapende soldate opgestel het. In die wete (of met die doel) dat die oortollige bevolking daardeur verminder word. En juis dit is wat tans gebeur: Die captains of industry van vandag is net so min demokraties gekies soos die middeleeuse konings — en oefen dieselfde taktiek uit.

En ons? Ons dink in die kategorië wat ons voorgegee word:

° Mrs. May se job is om die Britte te red na die verherende verkiesing wat in elk geval nie wettig was nie. Dis mos geen job, geen halfuurtjie in Ta’ Griet se tuin vir ‘n sielang nie! Dit is ja ‘n lewensopgawe wat sy oorgeneem het en wat haar krag en gesondheid gaan kos om met dosyne, nee honderde medewerkers daaraan te werk en deur te sit.

° Die jobvermiddelaars” op die jobbeurs” trek, nog twee jare nadat hulle ‘n job vermiddel het, tien persent van die loon van die vermiddelde persoon af. Hy kan nie uit die jobvermiddelingsvertrag uitklim nie. En as hy probeer, kan hy weens kontrakbreuk aangekla word! Sulke mense word nie in die boonste posisies opgeneem nie, ofskoon hulle miskien die hoogste kwalifikasies het. Hulle bly daar onder en sukkel op drie silinders voort, is die eerstes wat uit bedryfsnoodwendige redes” in die pad gesteek word en haat, na die eerste euforie, hul v-(piep!) job. Die sklawe van ons moderne geselskap.

Die dae toe ‘n firma soos ‘n grootfamilie gelyk het en die werkers so behandel is, is lank, lank gelede.

En verby. Waarskynlik vir altyd verby.

Het jy jou job; hou jy jou bek!

©2e.Maart2017————-$¥§₣°₤₧€———————–tje




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 140
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 83 gaste aanlyn