Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kategorie: TEKSTUELE REWOLUSIE

Deur Toom
Datum gepubliseer: 18 September 2017 Aantal woorde: 870 173 Kere gelees 7

Kategorie: TEKSTUELE REWOLUSIE

In antwoord op ‘n artikel met dieselfde titel van Susan Grobler*, waarin sy vermoed het dat die leestekens in Afrikaans gaan verdwyn, onder meer omdat die jeug al hoe vinniger en vlotter boodskappe wil oordra. Die internet (met SMS) skyn daarvoor bestem te wees.

Hersien en uitgebrei —
Die taal (enige taal) is nie net bloot ‘n kommunikasiemiddel nie!
Kyk wat uit Engels geword het: Daar kan jy niks anders as kommuni
keer nie! Dis slegs moontlik om jou (alte dikwels oppervlakkige) mening oor die een of ander meer of minder onbenullige ding uit te spreek, of om iemand aan te haal wat (beslis oppervlakkige) mening oor die een of ander meer of minder onbenullige ding uitgespreek het, of daarteen te argumenteer. Soos ‘n amerikaanse president. Punt. Uit.

Miskien is dit tog goed dat Afrikaans nie meer die amptelike taal is nie. Dit gee mense wat Afrikaans praat en skryf die moontlikheid om eindelik dit te sê wat vir hulle harts-aangeleentheid is. Om hulle eie gedagtes en gevoelens tot uiting te bring, en onder mekaar mee te deel sonder dat hulle „die amptelike beleid” moet na-aap en sonder dat ‘n beampte voorskryf. As die Englishspeakingworld onvoorwaardelik daarop wil aandring om te reduseer en minimaliseer en vereenvoudig en in te perk, en kultuur af te skroef tot op die vlak van betekenislose, wesenlose meetbare tegniek, en die eienaars of bedrywers daarvan op persoonsnommers in ‘n identiteitslêerkas om te defineer, laat hulle dit doen. In ander tale waarin mense, ja MENSE, leef en mekaar liefhet (en haat) en hulle as mens voel en beweeg, daar is die kommunikasie óók bestanddeel van die mededeling. Maar nie die uitsluitlike waarheid en resultaat nie. Daar word gelag en gesing, en nuanses en betonings en glimlaggrappies word uitgedeel wat in die koelkasmentaliteit nie meer moontlik is nie. Hoe wás die taal so mooi!

As die Engelse van al die leestekens in hul taal wil afsien om ‘n vlotte kommunikasie te bewerkstellig en onderhou, dan goed. As hulle ou bestaande begrippe neem om in nuwe betekenisvreemde woorde om te dui, dan goed. Hulle verniel hul eie taal en maak hulle sélf op die ou end onverstaanbaar – in die naam van verstaanbaarheid! As hulle hul kinders grootmaak om stadneurotikusse (Woody Allen) te word, wat outisties is en met ADS/ADHS gestraf word, dan goed. Mense wat ander tale praat, het ‘n reddingsbooi daarin dat hulle rustig hulle gedagtes en gevoelens kan uitbrei om sodoende vir hulle sélf en hul toehoorders die burnoutdood te verhoed. (Selfs in Duitsland, wat amptelik nie tot die ESW getel word nie, het die aantal burnoutgevalle wat al tot die tieners deurgedring het, alhoemeer geword. Die kinders ly aan ouderdomsdiabetes, en daar is tekens van demensie by mense wat glad nie as „oud” aangesien mag word nie)

Die Englishspeakingworld is inderdaad nie meer as 15%, een sewende, van die wêreld se bevolking nie – in Suid-Afrika een sestiende, 6%, drie uit vyftig miljoen – en hulle regeer níe die wêreld nie, ofskoon hulle dit glo en die mening versprei. Daar is nasies (met verskillende volke in) wat meer as die veelgeroemde ESW omvat. Die meesgesproke taal in Amerika, ook in die VSA, is Spaans, die grootste jiddiese dagblad verskyn in New York. Liriese tale, tale van die hart, tale om meer as matematiese formules uit te ruil. Tale wat op hul voete bly staan en leef en dans en menslik is. Natuurlik word hulle deur die eie mense in die rug gedolk. Maar hulle staan weer op en dans nog ‘n ronde. Bloed is mos lewe.

Ek kan my vrou nie na Suid-Afrika bring nie, daar waar sy moet beleef dat sy Me. (geskryf) of mû (uitgespreek) genoem word. In Duits is Me soos in Afrikaans ‘n skaap se woord, Mu die woord van ‘n koei. Sal ek haar bybring dat sy op die vlak van weidediere in die geselskap staan? Oor taalekonomie het ek my al in ‘n ander taaltirade uitgelaat. Moet ons al lekkend agter die siellose spraak-(en gepaardgaande gedagte- en gevoels-)vernietigers aankruip?

Twee souties ontmoet mekaar in die buiteland en voer hul gesprek in Afrikaans. Altwee se ondervinding is dat waardes verloregaan, altwee probeer om te red wat te redde is, op die klein beskeie manier wat nog vir hulle moontlik is, soos byvoorbeeld deur die aanhalingstekens voor ónder te skryf, deur die deeltekens te behou, deur meneer en mevrou voluit te skryf, deur waarneming, nie persepsie nie, te sê, deur altyd die dietse, die germaanse eerder as die romaanse woord (anglesisme) te gebruik. Altwee treur oor die toestand waarin hulle geliefde aangenome taal beland het: As gevolg van agter die Engelse modeverskynsels aan te lek.

As my kleinkind eendag in Suid-Afrika skooltoe gaan, gaan sy in ‘n meisiesHOËRskool opgeneem word. En my agter-agter kleinkinders ook!
Dat dit eenmaal klaar en duidelik gesê is
.


[*Addendum met aanerkenning: Titel van die oorspronklike artikel is

Die Tekstuele Rewolusie: Leestekens in Afrikaans sterf ‘n natuurlike dood deur Susan Grobler. Mevrou Grobler is vooraanstaande taalkundige. Ek nie. Sy beskryf die toestand soos sy dit sien. Ek pledeer dat die toestand, wat ek sien, behoue bly. Lees ook my artikel ,LEESTEKENS’.]

©25e.Mei2017…………c]:o):……………(2012)tje




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Mei 25, 2017

      Altyd goed om jou insiggewende bydraes te lees Toom

    2. profiel foto van Anze

      Anze

      Mei 30, 2017

      Hy lees nou reg Toom

    3. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      Julie 6, 2017

      Wat sou ons taal dan sonder leestekens wees? Gevoelloos en bitter eentonig,

      n Baie leersame skrywe – dankie Toom

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 140
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 92 gaste aanlyn