Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: KATEGORIE: die TAAL – SKRYF en PRAAT. . .

Deur Toom
Datum gepubliseer: 21 Maart 2017 Aantal woorde: 542 141 Kere gelees 2

Die TAAL – SKRYF soos jy praat, en PRAAT. . .

Is ons tevrede, is ons gedien met die taal wat ons opgedis word – nie díé van mense wat meen, ons taal durf glad nie bestaan nie – maar van die eie afrikaanssprekende joernaliste, uitsaaiers en politici, van predikante en sakeleiers, van boere, ingenieure en wiskunde-onderwysers en ander wat in die openbaar ‘n mening wil kwytraak?

Een van die belangrikste, intiemste middels van kommunikasie in ons tyd, in ons demografies verstrooide land is die radio; veel meer as die televisie. Radio is ‘n „blinde” middel: Jy kan nie met hulp van die puntjiepixelprente jou innerlike beeld van die saak help op- of uitbou nie. Dis net die stem met sy eie aard en sy wendinge, die taal met sy uitdruksmoontlikhede en miskien die een of ander agtergrondgeruis, musiek. . . So is die luisteraar verplig om sy eie sin uit die klanke te trek. En so goed soos dit aangebied word, so duidelik word die eie beeld deur die afnemer, die luisteraar ontwikkel.

Maar hoe goed is die oordra-vermoeë van die aanbieders, die radiosprekers? Die meeste het ‘n geslypte styl met ‘n herkenbare toon: Daar het jy al vooraf vreugde, as jy weet dat hierdie of daardie stem ‘n program gaan aanbied; daar het jy medelye met ‘n asmalyer; òf daar sê iemand met ‘n eie persoonlike beregtiging, „Díé stem kan ek nie verdra nie, as julle wil luister, gaan sit ek in die ander kamer!” Dis baie intiem, baie persoonlik en baie „familiêr” – en die betrokkenes, sprekers èn luisteraars, verwys na hulleself as ‘n familie. Oor die jare en dekades weg is daar egte, persoonlike bande tussen mense gesmee, wat mekaar waarskynlik ‘n lewelang nie gaan sien nie – veel egter, veel dieper as díé met die swangere TV-ster met al haar (verdiende) fan-mail.

Daar glip gewoontes in, wat aanvanklik aanstoot kon gegee het, maar wat dan as karakteristies vir ‘n spreker, later as vanselfsprekend aangesien word, en nou al tot aanvaarde, dit wil sê „regte”, taalgebruik ontwikkel het. Dit is nie net dat Engelse woorde in die redevloei ingesluit word nie; dit kan jy dalk nog sluk. Maar sulke gewoondhede, soos ononderbroke(!) gebruik van „em” en „am” en „ûm“, maak die nuwe luisteraar onrustig: Hoe lank moet hy wag, tot hy dit ook as aanvaarbaar, vanselfsprekend aanneem? En dit dan self doen?

Origens: Is àlle grenslose radioluisteraars werklikwaar boere wat al om die drie ure moet weet hoe hulle temperatuur gaan uitval? Is hulle gelyktydig beurs-spekulante wat van uur tot uur moet weet hoe die pryse styg en daal? Is hulle alle – of slegs ‘n gesaghebbende minderheid? – religieuse aanbidders van Monsanto se gen-manipulasie? (Dis die firma wat dit toelaat dat ons soggens die leraar se woorde mag hoor!) Is die dominees en pastore daarvóór?

Die sjeg Donderdagaand en Vrydag vroeg is klaarblyklik nie daarvoor nie: Sy program is netjies omsoom van arabiese gesang wat dit onmoontlik maak om mansbekleding, japaanse motors of waspoeier in onmiddelike verbinding met sy sakie te bring!

©21e.Maart2017…………ooЖoo……………..(2005)tje

[Hierdie stuk is, soos ons sien, reeds twaalf jare gelede geskryf. Het daar veranderings ingetree? Ek was sedert so lank nie meer in die heimat” nie. Die enigste radiosender wat ek geken het, was RSG. Bestaan dit nog?]




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 142
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 41 gaste aanlyn