Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kategorie WOORDE: SIMBOOL of SIGNAAL

Deur Toom
Datum gepubliseer: 29 Julie 2017 Aantal woorde: 507 87 Kere gelees 2

 SIMBOOL of SIGNAAL

Daai verkeersteken, die rooi driehoek wat op sy kop staan, is nie ’n simbool vir „Stop!” (Afr. Halt!) nie. En die ene met sy kop in die lug simboliseer nie „Versigtig, gevaar!” nie. So is „B & B” nie ’n simbool vir oornagtingsmoontlikheid nie, ook nie smollippe vir „Los my uit!”, of ’n gebalde vuis vir woed, ’n wit laken vir „Hensop!”, of jou swaaiende heupe vir „Hier’s ek, kom vang my” nie.

↚ ↖┼↗ ↛

Dis alles tekens of seine. Hulle sein of beteken (signaliseer) iets: As die treindrywer sien dat die sinjaalarm op is en die groen lampie aan, kan hy ry; as dit af is en rooi moet hy briek trap.

In die koerant staan: Dít simboliseer dat, en dát nog iets anders. Alte dikwels verkeerd! ’n Politikus simboliseer nie die wil van sy party nie, die pous nie ’n nuwe rigting wat sy kerk wil inslaan nie. . .

Dis alles seine, tekens of signale en dui aan dat hierdie gebeurtenis kom of dat daardie vermy moet word. Andersins: Dit gee inligting betreffend watse toestande nou heers of ‘n waarskuwing van wat nog gaan kom. Die signaal word gelees en die leser begryp wat aangedui word en handel daarna: „Tussen hierdie twee bakens mag geswem word”, „met hierdie handdruk gee ons te kenne dat ons lede van dieselfde vereniging is”. Die Morsekode en semafoor is middels om seine en signale van ’n afsender aan ’n ontvanger te stuur, dit verstaan ons. En so is die wit boordjie om ’n Metodis se eerwaardige nek en die biskop se lammervanger­stok, die kardinaal se rooi hoed en die gebalde Nkandla-vuis, ás ons die kode verstaan.

↚ ↖┼↗ ↛

En ’n simbool? Dit is ’n sein of ’n teken, ja. Dit is ’n ding van hierdie fisiese wêreld wat ‘n geestige (spirituele) betekenis beïnhou. Die biskopstaf is ‘n sein of teken dat die eienaar ‘n amptenaar in kerklike diens is; dis óók ‘n teken of simbool vir die lewensreddende eienskap van ons Heiland wat om twee-duisend jaar gelede sy volgelinge, sy „skape”, iets verspreek het.

Op die een kant is die reënboog sigbare uitdruk van ‘n natuurwet in die fisiek, ‘n teken of sein dat dit (waarskynlik) nie meer gaan reën nie, dat „die ergste verby is”, óf dat nie gaan begin nie. Andersins is die reënboog ook ‘n simbool van Jahweh se verspreking aan Noag; dis vir alle tye geldig, en dit is ons herinnering daaraan elke keer as die storm verbygetrek het.

As ons die kode verstaan, as ons die simboliek begryp, kan ons dan uitpluis, wat staan vir wat? Wat beteken hierdie sein? Wat dui hierdie ding of beweging of houding aan? Is die sin daarvan stoflik, aards? Of verwys dit na ‘n ander sfeer, dui dit op iets in die geestige wêreld?

Die wêreld stort beslis nie inmekaar as sprekers nie op hierdie fyn onderskeide agting gee nie, maar die luisteraar (of leser) verstaan makliker wat gemeen is, as die eenvoudige definisies bygehou word.

↚ ↖┼↗

©10.Juli2017………..ЯΛΠΧΨΞΨΧΠΛR˙…………..(2013)tje




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Paula

      Paula

      Julie 10, 2017

      Het baie geniet om dit te lees! Dankie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 149
    Kommentaar telling: 148

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 36 gaste aanlyn

    Bydrae Totale