Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: KATEGORIE — Oor WOORDE (volk/nasie, mens/persoon)

Deur Toom
Datum gepubliseer: 26 April 2017 Aantal woorde: 718 206 Kere gelees 4

KATEGORIE: Oor WOORDe

Ek was altyd streng in my kritiek oor hoe dié taal, wat ek liefgekry en aangeneem het, gepraat en geskryf word. Meer as my halwe lewe het ek nou in Duitsland verbring, en ek het beleef hoe ‘n ou kultuurtaal met krag en tradisie deur die voorheersende Amerikaans geteister word. En hoe, het ek my tussendeur gevra, gaan dit met Afrikaans, wat so klein en swak is en so lang deur Engels bombardeer word?

Die Franse het hul academie française om die taal suiwer en mooi te hou. Jarelang bekryg hy die invloed van Engels – selfs met strawwe vir die gebruik van „franglaise” – die vermenging van française en anglaise – in die openbaarheid, in die media, in reklame en publieke verklarings. En dóg sê die jeugdiges, „C’est plus cool.” („Dis baie cool!”) – Daar meen hulle glad nie dat in die swembad ‘n aangename temperatuur heers nie! Die Suid-Afrikaanse akademie het soortgelyke doelstrewings – en waarskynlik soortgelyke ervolge en miservolge neem ek aan.

Duits en die Duitsers het nie diesélfde probleem om woorde en uitdrukke oor te neem nie; hulle praat van Aids, Djôdj Dabbeljoe Boesj, online, van Design, Rollerblades, Inliners, Pipeline, van @ as êt, … duisende ander voorbeelde. Hulle sê dat die begrip als sulks nuut is en dat dit nie met die ouer, duitse begrip ooreenstem nie. Dat byvoorbeeld ‘n onderskeid tussen Entwurf (ontwerp) en design, is; ‘n groepie onderskei verder tussen design (sê diesain) en die franse dessin (spreek ongeveer dessêng uit). Daar skyn bewussyn vir ‘n onderskeid te heers, en die taalkundiges aanvaar dit soos dit is. Aanvangers praat noch van Computer, maar Insiders weet dat dit EDV (Ee Dee Vau) of Elektronische DatenVerarbeitung is.

Die geweldoorname van die DDR, die Duitse Demokratiese Republiek, het gesorg dat ‘n groepie deskundiges, wat nie onder engels-amerikaanse heerskappy geleef het nie, stoer van „Rechner” (rekenaar) praat. Die „Wessies” (Wes-Duitsers) praat nou ook so – ook by ander woorde en uitdrukke. Hier is nie táálkundiges, wat die volk iets wil wysmaak nie, maar vákkundiges, wat hulle eenvoudig nie van verbygaande modes om die bos laat lei nie. Maar daar is ongetwyfeld gebiede waar ook duitse filoloë hulle om ‘n mooi, skoon taal bemoei. En hulle stryd is waarskynlik net so swaar soos oral op die wêreld ook: Nog ten tye van die sogenaamde Koue Oorlog was daar ‘n gekekkel en gekraai dat selfs op die russiese lughawens die amptelike taal tussen die toring en die russiese vliegtuie Engels was.

Dit is skade, wanneer ‘n duitse redenaar byvoorbeeld van Volk praat en ‘n berig gaan oor die groot dam na die VS van A. Dan kom twee dae later skerp kritiek uit die english speaking world, dat hy so „nasionalisties” of „rassisties” gepraat – of sóú gepraat – het! Want die engelse taal ken nie „volk” nie, also word sy begrip óf as nasie óf as ras vertaal. (Geregtigheidhalwe: Ook geleentlik as „people”, nousedae ook met die „moderne” woord „etnië”). Nou-die-dag lees ek in ‘n duitse koerant oor ene meneer Zuma; en hy sal lid van die Zulu-etnië wees. . . Vertaling uit ‘n britse of amerikaanse bron waarskynlik.

By polisie klopjagte en ander geleenthede in Europa waar iemand amptelik identifiseer moet word, word die personalia van die aanwesendes opgeskryf. Dit is in die „personal-uitwysing” (die identiteits-kaart) te vind. Hierna te oordeel is persoon ‘n aantal identiteits-kentekens: Ek bemerk by voorbeeld ‘n groep van so-en-soveel persone by die konferensie van ‘n politiese party. Eenduidige merkmaal – politiese gesinning. So ook met verskillende skare, of hulle nou na Ellis Park toe stroom, in die gebedshuis van ‘n geloofs-gemeenskap, of in ‘n fabrik.

Maar as sewentien mense met geweld omgebring word, hetsy in ‘n verkeersongeluk of ‘n oorlog, gaan dit nie om houers van plastiekkaartjies nie. Allemintig, dis MENSE! Ménse in hulle veelvoudige wese en aard, elkeen ‘n enkeling, in besit van ‘n eie siel, elkeen ‘n kompliseerde wese, wat nes jy en ek na sy aardse geluk gesoek het. Hy (of sy) laat ander mense agter – familie, vriende, vyande . . . Sê my bloot nie „persone” nie!

Ander tale hét nie die begrip „mens” of „volk” nie; sommiges dog, nie net slegs ‘n paar germaanse tale nie. Skaf óns dit al af?

In Duitsland gaan dit by tye ewe sleg toe.

©10e.Maart2017——…oooo…—————–tje

 




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 142
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 13 gaste aanlyn