Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kategorie: LEESTEKENS

Deur Toom
Datum gepubliseer: 21 November 2017 Aantal woorde: 602 253 Kere gelees 3

Kategorie: LEESTEKENS

Die (Latynse/Engelse) alfabet het nou maar 26 letters. Ander tale het ook besondere tekens. MY voorbeelde kom meestal uit Duits, maar iemand wat ander tale ken, weet dat menige ver óór dertig tekens/letters het. Hier praat ons slegs oor die tale wat die LATYNSE SKRIF gebruik.(Òf standaard (blok)skrif, òf kursief.)

So gesien, het Afrikaans slegs 23 letters: C, Q en X is nie Afrikaans nie, maar ons behou die moontlikheid om vreemde woorde of leenwoorde, besonders name, in hulle oervorm te skryf: Christus, Christelik ens., McQueen, Baxter as voorbeelde.
Duits het die bekende
ß (= sz, sê ss), die „omgeluide” ä, ö en ü, om aan te dui dat in die vervorming van ‘n woord ‘n klank vervorm word; vroeër is st en sch elkeen as ‘n eie letter aangesien; ‘n s aan die begin van ‘n woord is in die ou dae so ſ of geskryf (lyk soos ‘n f sonder balkie). In enige Skandinawiese tale word die klank, wat ons uit Engels as th ken, ø stemloos en ð met stem geskryf, die Engelse o met å weergegee. Die Nederlanders beskou ij as een letter.

Genoeg nou van die veelvoudigheid.

Die taal, alle tale, is nie nét mededeling nie. Of beter gesê, die mededeling is nie net die oordra van inligting nie. Maar die spreker (onthou!) wil iets sielvolles of ryk aan gees in die wêreld bring (= kommunikasie), en daarom moet hy sy uitspraak moduleer. Hy moet er nadruk verleen en dáár die beklemtoning weglaat. (En dit begryp sy toehoorder!)
En om hierdie twee redes,

a) die eksakte weergawe van ons spreekklanke, en

b) die presiese weergawe van ons innerlik beweegte gemoed, ons gevoelens, op papier te kan bring,

het ons leessondertekens nodig, wat méér nog as net die kale letters kan uitdruk.

(Hy met sy oneindige inleidings!)

In Afrikaans het ons die volgende leestekens op vokale/klinkers:
°    Deeltekens wys waar ‘n tweeklank of diftong kom, maar net as dit verwarrend kan wees: – laag / laer – geen verwarring, geen deelteken nie; hoog / hoër – ag, kan tog verwarrend wees! Aldus ‘n deelteken.
— Waar is die onderbreking: vro-eer of vroe-er? Spie-el, koe-el, o-e, vermo-e– Sji ït, Ka ïro, Za ïre, Ba äl
°    Kappies wys dat ‘n klinker kort bly en sy kortuitspraak, waar die spelreëls dit anders wil hê, behou.
— hê (van het) nie hee sê nie; (sê, nie se of see nie)
— sommige mense sê môre, ander more, en jy kan dit hoor. Pêrelberg; Mâkedonië
°    Aksenttekens dui op betoning / klem:-

die kòrt, skèrp snaweltjies pìk van links na binne
— „Pàk jou goed en trèk!” „Sòèk hom!” Nè?

die láng, slap ore waai na regs wég
— Óór en óór het ek gesê, „Hí
ernatoe, nie dáárnatoe nie.” Nog dríemaal slapies, dan kom ouma. Pak áán, pak áán, trek sáám, trek sáám.

á-brà-kà-dá-bra, hókus-pókus, sìem-sàla-bìem!

°    Leestekens is oral en altyd betekenisvol, nie net in belangrike dokumente wat in ‘n geregshof moet standhou nie:

Vergelyk: Jul onderwyser se inspekteur is dom

met „Jul onderwyser,” sê inspekteur, „is dom!”

   En ek herhaal: As my kleinkind in Suid-Afrika skooltoe gaan, besoek sy ‘n Meisieshoërskool!

Slegs uit interesse: Een (onvolledige) reël van ‘n hele reeks uit ‘n rekenaar se simboollys:

Ǎ ǎ Ǐ ǐ Ǒ ǒ Ǔ ǔ Ǖ ǖ Ǘ ǘ Ǚ ǚ Ǜ ǜ Ǻ Ǽ ǽ Ǿ ǿ ə

En ek het ‘n klompie gekopeerde leestekens onder aan die bladsy paraat as ek iets te papier wil bring (dis hoogdrawend, en beteken skryf, niks meer nie.)


ËëëëëëÏïïïïïïïïïïïïï„„„„„„„„„„„„„ Die andere is in my toetsbord.

©24e.Mei2017_______…Ø Ħ ĒĕĖĘěĐ Ł…_____________(2012)tje

[Lees ook my artikel Tekstuele Rewolusie]




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 149
    Kommentaar telling: 148

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 68 gaste aanlyn

    Bydrae Totale