Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kankerroos

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 26 Maart 2017 Aantal woorde: 41 93 Kere gelees 3

saam gelag, geleef, gespeel
die lewe gedeel
nie geweet
dat die kankerroos onder groen blare bot
net U die alsiende God
het geweet wat niemand kon
dat die saad van die dood
wat in my kind geplant was
binnekort sou blom




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 69

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 43 gaste aanlyn