Jy ‘s my Papawer-son
waar my beeld ‘n tango dans
in die loom dagbreek van jou oë
wil ek wit aronskelke kweek
sodat ek die eggo van jou stem
tussen die ragfyn blare in wit kan raam,
sodat jou asem my telkens weer
soos ‘n somersbries kan omhels
as my naam deur die branders
van jou warm lippe breek
wil ek ‘n tenger kosmos pers tapyt
teen die wande van my hart
soos ‘n tapesserie gehang,
sodat die spieël van jou
innerlike glad weerkaats
as jou liefde deurbreek soos die rooi
van ‘n papawer-son wat die horison verskeur
my hart opnuut kom verf in botsels lentereën
dan voel ek bedwelm en immer veilig
toegespin in die bakhand palms
van jou menswees-kokon
gemaak van liefhê sy
©Anzé Bezuidenhout
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
sjoe Anze jy laat my hoendervleis kry