Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: jy is weg, en nou weet ek nie…

Deur Marisa J. Labuschagne
Datum gepubliseer: 10 Mei 2017 Aantal woorde: 99 146 Kere gelees 4

Die bang eet my op, voete en al.
Ek beur deur diep teue op soek na vars lug, maar
die vrees verdring alle logika.
Verstrengel in die distels, hou die dorings my terug.

Vuur brand deur my, van buite af binne toe,
al die gevoel tot as, en waai weg in die winterwind wat
lag en speel deur my stukkende siel;
en ek verlang weer na gister, vreeslose kind.

Ongekend is die klip in my bors wat
tierend deur my gebeendere ruk terwyl ek
magtelose toekyk hoe ek struikel en val en
aan strome seerkry verstik.

© Marisa J. Labuschagne




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Mei 10, 2017

      Marisa, dit is ‘n emosionele wipwaentjie-reis waarin die skrywer die leser lei. Ek dink jy het jouself goed gekwyt want om sulke aandoenlike ervarings te verwoord is nooit maklik nie. Dit kan maklik ‘n onnodige donkerte vertolk wat vir die deursnit leser moeilik is om in die krop te verwerk. Jou woordkeuses (behalwe op een of twee plekke, wat ek hieronder sal bespreek) is eenvoudig en aards en maak die leeservaring dus nie té somber nie.
      Ek persoonlik sou ‘n alternatief soek vir ‘mal’. Ek weet jy gebruik dit om met die rympatroon te volstaan, maar omdat daar geen merkbare rympatroon in die res van die gedig bestaan nie, kan jy dit funksioneel verander sonder om té veel prys te gee.
      Sinonieme daarvoor is byvoorbeeld: besete, dol, kens, waansinning ens. Hierdie is ook baie kras en daarom laat ek dit aan jou oor.
      Die 1ste stansa se 1 ste sin word deur ‘n punt gesluit en daarom volg ‘n hoofletter. In die 2de gebruik jy dieselfde patroon maar laat die punt uit. Hoekom? Dan behoort die opvolg sin met ‘n kleinletter te begin of alternatief moet jy ‘n punt gebruik.

      Ek hou van die eerlikheid hierin wat so effe die karakter se hart ontbloot. Dit is waaghalsig en mooi.

      Skryfgroete
      IM

      • profiel foto van Marisa J. Labuschagne

        Marisa J. Labuschagne

        Mei 10, 2017

        Baie baie dankie vir hierdie waardevolle terugvoer. Ek waardeer dit regtig baie (ek hou daarvan om te leer, nuwe idees te bedink en te verbeter).

        Waareens baie dankie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Marisa J. Labuschagne

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 28
    Kommentaar telling: 22

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 282 gaste aanlyn