Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jubeljaar –

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 5 Augustus 2017 Aantal woorde: 181 40 Kere gelees 3

JUBELJAAR

 

hoor jy die Wind se asem wat ruis

dis jou bevrydingsjaar

te lank geswerf so sonder ‘n huis

dis nou jou loskoopjaar

staan op My kind dis jou gesondwordjaar

staan op Ek is die vuur wat in jou brand

dit is jou heelwordjaar

neem terug jou beloofde land

 

jou dae was so vaal, jou horison grys

dis nou ‘n genadejaar

Ek het gesterf vir jou aan die kruis

dis nou ‘n vergifnisjaar

Ek kondig aan dis jou oorwinningsjaar

kom saam met My, kom neem nou My hand

want dis jou beloftejaar

staan op, staan op, skud af die sand

 

Ek wil my hart, my droom vir jou wys

dis ons versoeningsjaar

Ek is die lewe wat warm in jou bruis

dit is ons vreugdejaar

kom ons dans, kom ons sing dit is ‘n jubeljaar

ons vier opnuut, ‘n onbreekbaar liefdesband

dit is ons blydskapsjaar

Ek doen My verbond met jou gestand

 

Jou oë is blink soos sterre vanaand

dit is ons liefdesjaar

Ek is jou kroon, ‘n blink diamant

vir ewig bly ons bymekaar

© Barbara Smit – 3/8/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 88
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 42 gaste aanlyn