Jongste aktiwiteit:

Jou wese

jy baadjie my
met jou kalmte
daar waar soveel
onnodige vrese
sekel aan die
koepelruim

met jou warm kyk
strooi jy bosse
geel magrietjies
vol in blom en
jou asem, jou asem
laat my stom

op gure reëndae
knars jou hitte
vir my die soutsee
in die geurigste,
lieflikste patee
soos die anker
van my rustelose
troebel see
is jou wees
die hitte
van die
son

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed