Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Johannesburg is kragloos

Deur Palet
Datum gepubliseer: 7 September 2017 Aantal woorde: 94 42 Kere gelees 2
  • Ondergrondse kabels is gesteel
    en ‘n groot gedeelte van die stad is sonder krag
    miljoene rande se skade
    wat tandloos in die donker lag

Nou sit mens met gevoude hande
in die verwoestende veldbrande
was ek maar ‘n windpomp
dan het ek my kop net weggedraai

Hoe sluit die son die hemel oop
in die vallei van verlatenheid
die gesigloses wat mens nooit sien
maar hulle weet net hoe!

In my tuin is die mooiste vygies
wanneer die windjie so speel-draai om hulle
raak my binneste peinsend stil
want lente bly God se Wil




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Eleen van Deventer Vorster

      Eleen van Deventer Vorster

      Oktober 12, 2017

      Baie geluk welgedaan groete eleen ☺♥

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 197
    Kommentaar telling: 292

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 31 gaste aanlyn

    Bydrae Totale