Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Januskop

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 12 April 2017 Aantal woorde: 67 80 Kere gelees 1

januskop pasop!
hul hou jou dop
lag nog ‘n keer
teen die seer
teen elke skop
ou tweegesig januskop!
geen verweer teen die skyn
weggesleur deur jou pyn
januskop, sal jy nooit leer
rotse is hard
serp punte sny seer
wil nie meer
kan nie keer
januskop!
kruip in jou dop
daar kan jy skuil
daar kan jy huil
daar is jy gevangene maar vry
teen seerkry 




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 131
    Kommentaar telling: 68

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 17 gaste aanlyn