Jongste aktiwiteit:

Is ‘n digter dood?

Is ‘n digter dood?

Ek as digter sit
nou al dae lank
wat vloei na weke
maande
met my gereedskap
van
oorspronklikheid
denke
inspirasie
persperasie
vakmanskap
woordeskat
kennis
dissipline
eksperimenteer
talent
deursetting
glo in wat jy doen
doelgerig wees
vry wees
verbeelding

voor my Ipad
my vingers gereed
sag strelende musiek
gereed wagtend
vir daardie idees
woorde in my kop
wat ek moet vaspen
op my geduldige klawerbord

ek dink

en dink

trommel vingers
staar peins wonder
soekend na
woorde vir my
woordskildery skets
vir die dag

lees my gediggie vir inspirasie

ons is sprekers deur woorde op papier
gedagtes wat ons vorm en verfyn
word gelees deur vriende en van hul waardeer die woorde-wierookgeur
soms word dit gelees, vir die oomblik geniet…neergesit…vergeet…
net swart op wit letters wat tot harte spreek

maar kom ons as digters skink en vier
ons talente en gawes met ‘n glasie goeie wyn
elkeen uniek, elkeen gevorm wat skilder met woorde wat kleur
woorde inmekaar vleg waar ons van diep dink… diep spreek weet
woorde vir die intellek, woorde wat ek en jy en ander verstaan as leek

laat ons die kuns van woordskilderye geniet
woorde skryf, doodkrap, bysit, wegneem, opfrommel,weggooi
snags oorlaai nuwe ontdekkings van woorde wat in mekaar pas
sinne paragrawe stories verhale gedigte as ons moet slaap
en krabbel ek en jy dit gou in ons notaboekie voor ons dit vergeet

wonderlik as ons woorde-skilderye aan almal bied
gevorm word in ‘n bundel…in ‘n melodie…in musiek te mooi
of gou op die horison verdwyn of adelplek kry in menigte se boeke kas
op die televisie, deur sangers, oor die radio van die noorde tot die Kaap
en of net ek en jy en jou vriende ons skeppinge geniet en van weet

neem jou woorde verfkwas op en meng kleur pastel-vrolik
verf dit met potlood en pen of tik vingerpunthale
oor geduldige papier of rekenaar, Ipad, tablet of selfoon
kwistig keurig soms verspot soms vol erns soms mengelmoes
woorde vol hartseer trane pyn woorde vreugde plesier vol lag

speel musiek sonder klank waar ons geen note hoef te druk
oor die wêreld heen dig in duisende tale
verspreid woordskilders in talle kontinente en lande woon
plaas die lekkernye lekkersmul in jou digkardoes
of hang dit op teen daardie spesiale digmuur om te geniet dag en nag

wag vir inspirasie

geen reaksie
geen idee
geen onderwerp
geen woorde
geen inspirasie

my muse in
‘n koraalrif met punte
see sonder branders
son met geen warmte
hemel wat wil skitter met geen maan en sterre
suurstoflose asem

is ‘n digter dood ?

EK?

terwyl ek wil leef
miskien sal my
muse tog
onverwags
opdaag

wanneer
ek dit die minste verwag

wil jy nie my

muse

wees nie???

©Kopiereg Linda du Plessis 21/7/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed