Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Intieme evangelie

Deur Anze
Datum gepubliseer: 17 Mei 2017 Aantal woorde: 81 101 Kere gelees 3

waar ons liefde [’n] naelstring groei
fetus ek getralie in jou ribbes
lê ek vasgegroei in jou hemel
geanker in jou siel

hoor jy die knetter in my vuur
sien jy die bosbrand in my woed
daar waar my asem in karmosyn
oor my lippe gloed

smeulend kool die liefdesvuur
in hierdie een-word-uur
as winterys tot smelt kom
proe ek ‘n nuwe seisoen

dankbedes smeul tot as
in griffelwoorde
op sagte papierbas
om by ons evangelie in te pas.

© Anzé Bezuidenhout




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      Mei 18, 2017

      So lekker om “Die Ewige Romantikus” se kwistigheid van verhewende erotiek te mag meedoen… Heerlik inderdaad!

      • profiel foto van Anze

        Anze

        Mei 19, 2017

        Baie dankie my dierbare vriend vir jou inloer en mooi woorde ek waardeer dit uit my hart

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Anze

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 155
    Kommentaar telling: 1416

    Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 16 gaste aanlyn