Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Inspirasie is onfatsoenlik tempramenteel

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 27 Junie 2017 Aantal woorde: 124 17 Kere gelees 1

Ek skryf al lankal nie meer nie
Miskien het ek
My teikenmark verloor
Of miskien
Het die woorde
In my borskas opgedroog
My bloedbelope oë
Het dalk te veel gesien
Of moontlik het my hart
Hom afgesny
In sinlike selfbehoud
My stem
Wandel nagtelank
Deur dofgeel strate om my lyf
‘N man is nie ‘n eiland nie
‘N man is ‘n maksimumsekuriteit aanhoudingsfasiliteit
Geen besoekers
Geen kans om te ontsnap
Die horison verblyk
In stof en rook en roetine
Sny die laaste Lugtoevoer af
Totdat ek half versmoor
Half aangehoor
My penne deur die tralies smyt
In sinlike selfverloëning
Vee my bymekaar
En verwyder my oorblyfsels
Ongesalf het ek verbrokkel
Die woorde in my borskas
Opgedroog
Omdat ek lankal
Nie meer skryf nie




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 30
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 15 gaste aanlyn