Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ink-gedenkbundel.

Deur Arnold
Datum gepubliseer: 6 Maart 2017 Aantal woorde: 185 142 Kere gelees 1

Ek hoop dat ek ʼn woord van spraak kan aanhef. Ek voel net dat die gedigte wat daar van my gekies is, voldoen nie aan die vereistes van die kompetisie nie. Die kompetisie was vir die Ink-gedenkbundel. Ja, ek het my werk onttrek omdat dit nie aan die vereistes voldoen het, volgens die beoordeelaar nie.
Nou sien ek dat die twee gedigte van my minder aan die tema voldoen. (Die tema vir die bundel gaan oor Kersfees, familie en liefde.) Een van die gedigte was vir ʼn lente kompetisie, die ander een, die groot skryf kompetisie wat ook nie eers in aanmerking gebring was nie, as gevolg dat daar nie by die oorspronklike reëls gehou was nie. Ja, ek het al my gedigte wat op hierdie blad geplaas is, alreeds aan ʼn uitgewer voorgelê.
Dus kan Ink nie my gedigte gebruik nie.

Net ʼn laaste punt, ek persoonlik voel dat daar agter die skrywer se rug gekonkel word. Daarom het ek nie meer die vrymoedigheid en sien ek nie my weg hier oop om enige van my werke verder te plaas op hierdie blad nie.

06 Maart 2017 om 8h15.




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Arnold

      Arnold

      Maart 7, 2017

      Ek het mooi gaan dink wie die oorsaak is dat ek hierdie skrywe aangehef het. Daar word nie op my redes en bewerings gereageer nie. Ek word as die skuldige uitgemaak. Dit lyk vir my dat jy en die IM wegskram van die waarheid en ek sal dit hieronder staaf.

      1; in Ink-gedenkbundel was daar reëls wat na gekom moes word. Diegene wat nie wil deel neem nie, moet die verlies van so ‘n guldige geleentheid verbeur. Toe skielik word die reëls verander sonder om enige skrywer wat getrou sy werk hier plaas, in ag te neem. Waarvoor is daar reëls?

      2; nou is die vraag hoe betroubaar gaan die reëls wees van hier en in die toekoms?
      Ek sien wel dat daar ‘n ander borg is, en ek sien nog steeds dat die tema dieselfde gebly het. (Die tema vir die bundel gaan oor Kersfees, familie en liefde.) Indien die tema verander het, is dit volgens my net aan sekere skrywers gerig.

      3; die oomblik toe ek my van die oorspronklike (Ink.gedenkbundel) kompetisie onttrek het, het ek te kenne gegee dat ek nie meer wil deelneem nie.
      Ek haal die IM se eie woorde aan, 17 Januarie 2016; “Met toestemming van die bestuur bring ek graag die volgende onder jul aandag. Daar is besluit om deur die INK webwerf te werk en vorige plasings te oorweeg vir insluiting. Dit kan egter nie gebeur sonder die medewete en toestemming van die betrokke digter/skrywer nie.”

      4; op die IM se stelling, “hoewel Anzé NIE ‘n enkele sent maak uit hierdie webwerf nie…” Elke skrywer wat sy werk hier kom plaas moet ledegeld betaal, wat reg is. Wat u nie noem nie, is dat elke skrywer geen vergoeding kry nie óf dit uit die liefde van die saak doen nie en om sy Moedertaal te bevorder nie. Ek persoonlik dink dat die blad ‘n bietjie meer die skrywer se gevoelens in ag kan neem.

      7 Maart 2017 om 8h00.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Arnold

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 119
    Kommentaar telling: 473

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 19 gaste aanlyn