Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: INGONYAMA –

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 5 Augustus 2017 Aantal woorde: 96 25 Kere gelees 2

INGONYAMA

wat ís hierdie vuur
wat brullend in my grom en woed
wat ís hierdie seer
wat my so kneus en bebloed
wat ís hierdie dolk
wat my oor en oor deurboor
wat ís die bitter kelk
wat my stadig vergiftig en vermoor

die dier heet Ingonyama
en hy voed vraatsig op my vrees
hy slaan sy groot skerp kloue
dwarsdeur my tere vlees
hy draai my gewete wurgend om my nek
smyt my genadeloos in my sonde in neer
verwyt my sissend uit ‘n kwylende bek
gryns as ek krul sonder enige verweer

© Barbara Smit – 5/8/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 88
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 41 gaste aanlyn