Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: In skaduwee en skemering

Deur Palet
Datum gepubliseer: 23 Junie 2017 Aantal woorde: 52 40 Kere gelees 1

Val saggies oor die veld
die laaste glans van die son se gloed
sif gedagtes soos jakkalsdou
om my neer

Gryp dan nou
na die klein sproeireën wat geurend
om my uitsak
waaraan ek vat en vat

‘n Bewustheid
toe jy onseker
aan my raak
dit bly krap  steek en haak




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 23, 2017

      Pragtige woordspeling

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 179
    Kommentaar telling: 293

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 110 gaste aanlyn