Jongste aktiwiteit:

In sak en as

In sak en as

Ek sit in sak en as
oor dit wat kan wees is was
geboë krom rug
sonder fut energie met net sug
wat woordeloos oor my lippe fluister
en niemand om na dit te luister
kommer deurdrenk gedagtes
strek oor lee uitgestrekte vlaktes
val oor die afgrond van niks wees
en die magtelose vrees
vir ‘n doellose toekoms wat wag
donkerte van nag
my bekruip
gryp
rondgooi in ‘n warrelwind tornado
vinger rondgooi verwring inmekaar vou
en al probeer ek keer
dit meer en meer en meer
die maalsand my emosies insuig
geestelike ongenadelik buig
my voete van klei
verkrummel en ek ophou stry
my wapen toerusting
tot stilstand bring
en ek stadig neersak aarde toe gevoelloos
leweloos asemloos kragteloos
patetiese bondel van gee bestaan
verslaan deur die elemente
van hulle wat net belangstelling in die wereldheid van rand en sente
Self verryking ten koste my as ‘n meer wyser ouer
wat jare van opbou, bymekaar maak, spaar die koue skouer
hou en onoordeelkundig vermors sent vir sent tot by die rand
wat in die bodemlose put afval want
al hoe sagter my hart klop, my asem stadiger fluit
en die felheid van stop my teen die bors stuit
en die fluiter in wat was is en nog kan wees
sagte prewelwoorde word wat niemand kan lees
weksink soos hande wat uitgestrek vasgryp rondpluk
na die laaste grashalpie van die lewe my verstik
en blitsvinnig spoed van lig sonder waarskuwing
die laaste asem uit my menswees kom wring
en ek vir die laaste keer die lig sien
hande wat my kon wou bedien
stil raak vaag raak grys raak donker raak wegraak
my toegooi in die sak en as
leweloos in dit wat was is en wees

….maar skielik breek die son se strale deur die donkerste wolk
en ek sien die werking van God wie in my lewe
voel ek hoe Hy my ophef uit die sak en as
en genees elke letsel van die lewens dolk
en Hy ‘n nuwe geeshart in my oorplant vol vreugde, nuwe lewe, vrede
‘n nuwe ek, nuwe is en gaan wees en ‘n vergete wat ek was
neem my voete van klei en trek vir my genade skoene aan
nag word die helderste skitterende dag
my hart klop met geesdrif en die Hande my dra
sodat waar die skerwe en as van my was staan
daar nou vrede, fierheid, fluistering in die sagte wind vol lag
want die Een Wie my kom red net my liefde as dankie vra




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed